KNOFFELSLAKKE
- 2 eetlepels botter
- 2 eetlepels soyasous
- 12 slakke, geblikte
- bietjie melk
- 1 eetlepel k0ekmeel
- 1 eetlepel knoffel, gekneus en gekap
- kaas, gerasper en hoeveelheid na smaak
- broodjies, vir bediening
Smelt botter in mediumhitte pan (botter moenie brand nie). Voeg soyasous by en meng. Braai slakke met deksel op sowat 7 – 10 minute. Haal slakke uit.
Voeg melk by gesmelte botter/soyasous, klits/roer koekmeel by, roer/klits heeltyd sodat dit lekker glad is en nie klonte in het nie (soos witsous).
Indien dit te dik is, voeg nog bietjie melk by. Voeg knoffel by mengsel.
Plaas slakke terug en stoom so 2 – 3 minute.
Rasper soveel kaas as wat jy van hou en strooi dit bo-oor. Plaas deksel op tot kaas gesmelt het (ongeveer twee minute). Bedien met broodjie.
Resep en fotos: Jan Salti Viljoen