KNOFFEL EN UIE RINGBROOD
Vriende wat gevra het, ek koop nooit deeg nie, knie my eie broodjies.
- 4 koppies koekmeel
- 1 pakkie gis
- 2 teelepels suiker
- 5 ml sout
- louwarm water, ongeveer 1 koppie
- gedroogte uie, -knoffel en -pietersielie na smaak
- 3 eetlepels botter
Knie tot jy ‘n lekker elasties deeg kry, maak toe en laat rys 15 minute.
Knie af, maak bolletjies, sit in ringpan.
Smelt gedroogte uie, -knoffel, en -pietersielie saam so met die botter, skep oor deeg.
Laat rys weer vir so 15 – 20 minute.
Bak op 180°C vir 20 minute, walla!
Resep en foto: Hettie Botha