Your Recipe Blog

KNOFFEL- EN SAMPIOENSOUS / SMEER

KNOFFEL- EN SAMPIOENSOUS / SMEER

Gunsteling resep vir my familie wat ek self ontwikkel het.

  • Braai saam in ‘n bietjie olyfolie:
  • 1 – 2 blikkies geroomde sampioene of 1 pakkie gerasperde vars sampioene
  • 1 groot gerasperde ui

Sorg dat daar geen vloeistof in die pan is nadat dit gebraai is nie. Laat afkoel.

  • Meng die volgende by:
  • 150 g sagte margarien of botter
  • 2 koppies Cheddar kaas
  • 1 eetlepel gekapte knoffel
  • 1 teelepel pietersielie
  • geelsout en varsgemaalde swart peper na smaak

Dit is ‘n smeerbare pasta op die ou einde, maar smelt en gee mee as dit warm word. Gebruik as sous oor steak, hoender, vis, aartappel, brood soos in knoffelbrood.
Die mengsel kan nie gevries word nie, maar hou in ‘n lugdigte houer in die yskas vir ‘n paar dae. Dit is ‘n ideale sous om byderhand te hê om ‘n geleentheid ‘n bietjie “flair” te gee – (behalwe vir die knoffel reuk – lol!).

Resep:  Tina De Beer Gouws
Foto:  Rheda Vreken (Tina de Beer Gouws se sampioensmeersel op my Franse brood!)

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page