KNOFFEL EN KAAS “PULL-APART” BROOD
Mense wat van iets sterks hou kan seker Jalapēno ook fyn kap en bo-oor strooi. Dit is probeer en tref na smaak.
- 1 pak gewone winkel brooddeeg
- 100 g botter gesmelt
- 1 of 2 teelepels fyngedrukte knoffel
- stukkies fetakaas
- stukkies cheddarkaas
- fyn gerasperde cheddarkaas
- fyngekapte roosmaryn
- 1 camenbert wiel
Vorm deeg in bolletjies en plaas stukkies fetakaas en cheddarkaas in elke bolletjie. Meng gesmelte botter en fyngedrukte knoffel en smeer bolletjies met mengsel.
Sit bakkie in die middel en pak deeg bolletjies rondom op ‘n gesmeerde bakplaat. Die bakkie is daar om oop gaaitjie te hou vir Camenbert.
Laat rys tot dubbel die groote en bak vir 25 – 30 minute by 180°C of tot amper gaar. Haal uit oond en strooi fyngekapte roosmaryn en kaas bo-oor.
Haal bakkie uit en plaas wiel Camenbert in gaaitjie. Sny boonste lagie van Camenbert af.
Plaas terug in oond en bak vir ‘n verdere 10 minute tot mooi bruin en die Cameberg sag genoeg.
Resep en fotos: Leon Spies