KNOFFEL BROODROLLETJIES
Ek weet nooit wat om te doen met buns wat oor bly nie. En in ons huis is ons lief vir knoffel. Toe maak ek die knoffelbroodjies. Elkeen het sy eie broodjie. En dit vries baie lekker.
My Resep: (Die is nie 100% nie. Ek werk volgens smaak. So dis n + – geval)
- 200 g botter
- 125 ml gerasperde kaas
- 5 ml droë basiliekruid
- 5 ml droë tiemie
- 5 ml droë origanum
- 30 ml knoffel
- 10 ml Parmesankaas
- broodrolletjies
Meng al die bestanddele met die botter en laat eenkant vir die geure om te meng.
Sny kepe in die broodrolletjie, maar nie heeltemal deur nie.
Smeer van die bottermengsel in die kepe van die broodrolletjie.
Spuit of smeer die binnekant van die foelie sodat die kaas nie aan die foelie vassit nie.
Draai die broodjierolletjie in foelie toe.
Bak in die oond by 160 ºC, op kole of lugbraaier soos verkies tot deur warm en die kaas gesmelt.
Die broodjies kan met sukses gevries word tot benodig.
Resep en foto: Estelle Kruger