KLEINMAAT STAATMAKER PANNEKOEK
- 250 ml water
- 125 ml melk
- 2 eiers
- 250 ml koekmeel
- 5 ml bakpoeier
- knippie sout
- 12.5 ml brandewyn of asyn
- 125 ml kookolie
- ekstra olie vir bak
Klits als saam tot mengsel glad is.
Voorverhit “nonstick” pan tot warm, giet klein bietjie olie in pan, net genoeg om pan te smeer.
Gebruik soplepel, of halwe een vir dunner pannekoeke, en skep in pan.
Sodra kante lostrek, moet pannekoek omgekeer word.
Smeer pan met olie so na elke 2de pannekoek.
Stooi elke pannekoek met kaneelsuiker en suurlemoen of lemoensap.
Hou warm.
Lewer ongeveer 8 pannekoeke.
Resep en foto: Lelane van der Walt