Your Recipe Blog

KLEINMAAT ROOSTERKOEK OP DIE KOLE

KLEINMAAT ROOSTERKOEK OP DIE KOLE

Vroulief het vir ons ‘n degie geknie en ekt vir ons roosterkoeke oppie kole gebraai en dit was ghoofies
Ons het dit saam met tuisgemaakte appelkooskonfyt, botter en bovril asook kaas geniet wowww !!

  • 4 koppies koekmeel
  • 1 pakkie kitsgis
  • 400 ml louwater
  • 1 eetlepel kookolie
  • 1 teelepel sout
  • 2 teelepels suiker

Sif die droë bestanddele saam.
Meng die olie en water bymekaar en voeg dit by die droë mengsel.
Meng alles saam tot dit ‘n elastiese deeg is en vorm ‘n bal.
Sit kleef plastiek “kling wrap” oor die bak en laat rys tot dubbel in volume deur te bedek met ‘n brooddoek.
Plaas die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak en rol dit oop.
Sny op in ewe 6 ewe groot dele, plaas op ‘n broodplank en laat dit rys.
Braai dit op stadige kole aan beide kante asook die sye deur dit gereeld om te draai
As jy klop op die sy van die koeke en dit het ‘n dowwe hol klank kan jy maar begin dors.
Mmmmdjeeeeerlik.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page