Your Recipe Blog

KLEINER VRUGTEKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 uur 15 minute

KLEINER VRUGTEKOEK

Ek het glasbak gebruik 250 x 200 x 8 cm diep.

  • Kook saam en laat heeltemal afkoel:
  • 1 koppie bruinsuiker
  • 125 g botter/margarien
  • 1 koppie water
  • 700 g koekmengsel (ek het net 300 g droëvrugte gebruik, want onder gaan ek nog byvoeg)
  • Voeg by die vrugte:
  • 3 geklitste eiers
  • 250g mince fruit meat (in die bottels)
  • 125 – 150 g gesnyde kersies
  • 120 g gemengde gekapte neute
  • Sif saam:
  •  2 koppies bruismeel
  • 1 opgehoopte teelepel koeksoda
  • 7.5 ml gemengde speserye
  • Ekstra:
  • 125 ml brandewyn/whiskey/port

Voeg die meelmengsel by die vrugtemengsel.
Voeg die  brandewyn/whiskey/port by.
Meng alles goed en skep in pan uitgevoer met foelie of bakpapier.
Bak 1 uur 15 min in oond 150°C tot gaar.
Laat effens afkoel en sprinkel met brandewyn/whiskey/port.
Laat heeltemal afkoel, draai toe  in foelie en laat ryp word.

Opsioneel:
Kan vir die volgende paar weke, een keer per week nog bietjie brandewyn (30 – 40 ml) oor sprinkel indien verkies.

Resep en foto: Annetjie van Huyssteen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page