Your Recipe Blog

KLEIN MIELIEBROODJIES

Cook: 20 min | Servings: 6 elke porsies of 1 groter broodjie

KLEIN MIELIEBROODJIES

Al sederd 1992 in my besit, Joan Pienaar van Murraysburg het vir my gegee, ek weet nie hoe dit in 1 groot broodjie sal bak nie, ek bak dit in klein pannetjies.

  • ⅓ koppie botter ongeveer
  • 2 ¼ koppies koekmeel
  • 4 teelepels bakpoeier
  • ¼ teelepel sout
  • 25 ml suiker
  • 1 blikkie suiker mielies, ek het room soort gebruik
  • ± 3 eetlepels melk

Smelt ‘n ⅓ koppie botter in ‘n Pyrex bak, of soos ek in enkel pannetjies, 2 teelepels botter in elke pannetjie gesmelt.
Meng bogenoemde alles saam.
Effe stywe deeg, maar nie te styf, skep die deeg in die voorbereide  pannetjies of bak.
Ek het 6 pannetjies uitgekry of jy kan in groter muffin pannetjies bak.
Bak op 170º C vir ±  20 min tot gaar en bietjie bruin.
Heerlik saam braaivleis.

Resep en foto: Allta Gunter van Dyk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page