Your Recipe Blog

KLEIN CRUNCHIE TERTJIES

KLEIN CRUNCHIE TERTJIES

  • Kors:
  • 1 pak Mariebeskuitjies, fyn gekrummel
  • 100 ml botter, gesmelt
  • Vulsel:
  • 250 ml room
  • 1 blik karamel
  • 5 malvalekkers
  • 1 groot Crunchie
  • 3 ml vanilla geursel

Meng die gekrummelde koekies en botter, druk vas in bakkies vir die kors.
Klits karamel tot dit lekker werkbaar sag en romerig is en sit ‘n laag in die kors.
Strooi met bietjie gerasperde Crunchie. Strooi weer dun lagie koekie krummels.
Smelt malvalekkers in mikrogolf tot loperig met so 2 eetlepels room, (net 30 sekondes, roer dan en as nodig nog ‘n paar sekondes) sit een kant om bietjie af te koel.
Klits nou die res van die room tot styf en meng die vanilla in, roer die malvalekkers bietjie vir bietjies by tot alles mooi gemeng is.
Skep in die bakkies en strooi die res van die crunchie bo op.
Sit in die yskas tot gestol.

Nota:
Regtig maklik en lekker!!
Vervang Crunchie met Oreo of enige ander sjokolade of wat jy ook aan kan dink wat lekker is.

Resep en foto: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page