Your Recipe Blog

KLAPPERPOEDING IN OONDPAN

Recipe by
Cook: 30-40mins

KLAPPERPOEDING IN OONDPAN

  • 250 g volroom margarien
  • 2 eetlepels olie
  • 2 koppies suiker
  • 6 eiers
  • 2 teelepel vanilla geursel
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 teelepel bakpoeier
  • 4 koppies klapper
  • Stroop:
  • 3 koppies kookwater
  • 2 koppies suiker
  • 2 teelepel vanilla geursel

Verroom die margarien, olie, suiker, eiers en geursel goed saam.
Voeg die koekmeel, bakpoeier en klapper by en meng deur.
Skep die beslag in ‘n gesmeerde oondpan.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC tot gaar of tot ‘n tandestokkie skoon uitkom wanneer dit gesteek word.

Stroop:
Voeg die suiker en water in ‘n potjie op die stoof en kook stadig tot die suiker gesmelt is.
Voeg die vanilla by en roer deur.
Sny die poeding in blokke wanneer dit uit die oond kom en skep die warm stroop oor die poeding.

Resep: Desiree Malgas-Botha

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page