Your Recipe Blog

KLAPPERPATATS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 - 20 min

KLAPPERPATATS

  • 2 kg patats
  • 8 eetlepels botter/margarien (ek het Stork gebruik)
  • 2 koppies bruinsuiker (ek het wit suiker gebruik)
  • 10 ml vanilla geursel
  • 1 koppie koekmeel
  • 1½ koppies klapper
  • 1 eier
  • melk, genoeg om die patats te bedek en gaar te kook

Was die patats goed af en sny patats in wiele (ek het myne nie geskil).
Kook patats in melk, 4 eetlepels botter, 1 koppies suiker en vanilla geursel.
Laat afkoel.
As koel, klits die eier saam die patats.
Skep in ‘n gespuite oondbak.

Smelt 4 eetlepels  botter/margarien en meng die koekmeel, 1 koppie suiker en die klapper om ‘n krummel te vorm.
Stooi die klappermengsel oor die patats in die oondbak.
Bak op 180°C tot krummel gaar is (15 – 20 minute)

Nota:
Ons het hierdie dis as bykos geniet saam vanaand se braaivleis.

Resep en foto: Natania Malan

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page