Your Recipe Blog

KLAPPERKOEKIES MET KERSIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 minute | Servings: 9 dosyn

KLAPPERKOEKIES MET KERSIES

Met Kersfees om die draai het ek sommer vroeg opgestaan en besluit om die heerlike koekies te maak. Ek het toe agterna sommer ‘n groot blik vol koekies gemaak by die werk (hotel) waar ek werk.

  • 250 g margarien
  • 375 ml suiker
  • 2 groot eiers
  • 4 koppies koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 125 ml klapper
  • rooi en of groen glanskersies

Verroom margarien en suiker. Voeg eiers by en meng.
Sif meel, bakpoeier en sout saam bo-oor. Voeg klapper by. Meng deeglik.
Rol deeg in balletjies en plaas entjie uitmekaar op ‘n gesmeerde bakplaat.
Druk balletjies platter met vurk en versier met ‘n snytjie glanskersie.
Bak ongeveer 15 min by 180°C.
Lewer tot 9 dosyn koekies.

Nota: 
Alta Gunter Van Dyk –  weet jy wat doen ek, ek rol my balletjie in extra klapper, druk met my duim ‘n holte en sit ‘n kersie in, jy kan nog klapper by sit, oppas vir te veel , dan is jou koekie moeilik om te rol in balletjies.

Foto en resep:  Ruvan Oree

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page