KLAPPERBALLETJIES
- 2 ½ koppies klapper (Bietjie ekstra klapper om balletjies in te rol)
- 250 g gedroogte appelkose
- 200 g kondensmelk
Snipper appelkose fyn, voeg klapper en kondensmelk by en meng goed.
Rol in balletjies en dan in die ekstra klapper.
Pak in lugdigte houer om te bewaar.
Dis nogal ‘n taai gedoente, maar is heerlik .
Resep en foto: Poppie Naude
Category: