Your Recipe Blog

KLAPPER- EN HAWERMOUT KOEKIES (CRUNCHIES)

Avatar photo
Recipe by
Cook: ongeveer 20 min. | Servings: Ongeveer 72 koekies

KLAPPER- EN HAWERMOUT KOEKIES (CRUNCHIES)

Hierdie is ‘n heerlike resep, ek kan sê een van die lekkerste hawermout blokkie resepte wat ek nog gemaak het!

  • 750 ml (3 koppies) klapper
  • 250 ml (1 koppie) koekmeel
  • 400 g (4 koppies) hawermout met groot vlokke *(ek het sommer gewone Oats gebruik)
  • 375 ml (1 ½ koppies) suiker
  • 2,5 ml (½ teelepel) sout
  • 5 ml (1 teelepel) fyn kaneel
  • 250 ml (1 koppie) botter of margarine
  • 45 ml (3 eetlepels) gouestroop
  • 5 – 10 ml (1 – 2 teelepels) koeksoda, opgelos in
  • 60 ml (4 eetlepels) melk

Verhit die oond tot 180°C.  Meng al die droë bestanddele saam *met ‘n groot vurk.
Smelt die botter/margarine en stroop saam en meng goed.  Voeg by droë bestanddele en meng goed.
Roer die koeksoda oplossing by die bogenoemde mengsel en sorg dat dit baie goed versprei is.
Druk die mengsel in ‘n enkellaag van omtrent 1 cm dik in ‘n gesmeerde bakplaat vas.
Bak vir TEN MINSTE 20 minute *(as dit nog effe kluitjierig lyk en voel, bak tot dit lekker donker bruin is).
Sny in blokkies so groot soos verkies terwyl nog warm, lig uit pan en laat op ‘n draadrak afkoel.
*My eie kommentaar.

Resep geplaas deur Hannalie Kitshoff
Roto:  Elsabie Templeton

Nota:
Ek het dit met die groot vlokkies gemaak presies soos die resep en dit het perfek in my groot oondpan gepas (56 x 36 x 2 cm). My pan met foelie oorgetrek en toe bakpapier gesny om op die bodem te pas en gespuit. 20 min in die gasoond op 175°C gebak, die blokkies gesny en terug in die oond op 150°C vir nog 10 min en perfek wat kleur aanbetref en krakerig ,nie kouerig, lekker dun blokkie, perfek!!

3 Reviews

  1. Belinda

    Very tasty

    Star
  2. Celeste

    Hierdie resep is maak die beste hawermout koekies wat ek nog geproe het, dankie! Het dit te make met die koeksoda in melk oplos? Ek sien dit nie in ander resepte nie. Ek het ‘n klein aanpassing gemaak en 1k suiker gebruik en 1/4 k choc-chips bygevoeg vir die kinders. My man geniet dit selfs meer as hulle 🙂

    Star
    • Hi Celeste, dankie vir jou terugvoer, ja die koeksoda in melk maak dat dit nog lekker brosser is. dankie vir jou lekker aanpassing ek kan net dink dat dit nog lekkerder sal wees daarmee.
      Groete
      Rina

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page