KLAPPER EN DADELKOEKIES (DIABETIES)
Kyk ons diabete kan ook lekker eet.
Porsiegrootte 1 koekie
- 250 ml koekmeel (120 g)
- 250 ml hawermout (90 g )
- 10 ml bakpoeier
- 75 ml fruktose
- 75 ml sagte of “lite” margarien (70 g )
- 100 g dadels, fyngesny
- 1 groot eier, geklits
- 5 ml vanilla geursel
- 125 ml droë fyn klapper (40 g)
Meng koekmeel, hawermout, bakpoeier en frutose.
Vryf die margarien in die droë bestanddele in totdat dit soos klam broodkrummels lyk. Roer die dadelstukkies by.
Voeg die eiers en geursel by die meelmengsel en meng tot ‘n klewerige deeg. Laat die deeg ongeveer 15 minute staan sodat dit effens stywer word.
Rol die deeg in okkerneutgrootte balletjies en rol daarna in die klapper. (Die deeg moet effens klewerig wees, anders val die klapper af).
Plaas die balletjies op ‘n gesmeerde bakplaat en druk effens platter met ‘n vurk.
Bak vir 25 tot 30 minute teen 160ºC in ‘n voorverhitte oond tot goudkleurig en gaar.
Laat die koekies op die bakplaat afkoel.
Resep: Joey Badenhorst Lotter
Foto: Bernadene Prinsloo
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.