Your Recipe Blog

KLAM WORTELKOEK MET JOGURT VERSIERSEL

Recipe by
Cook: 40 minute

KLAM WORTELKOEK MET JOGURT VERSIERSEL

Ek is baie lief vir wortelkoek, maar deesdae is dit asof my ou beproefde resep nie meer vir my so lekker werk nie. Ek het al verskeie ander resepte probeer, maar was nie waarna ek opsoek was nie. Julle kan dit gerus bak. Dit is heerlik klam en die smaak onverbeterlik. Hier is my weergawe.

  • Beslag:
  • 375 ml suiker
  • 250 ml kookolie
  • 3 groot eiers
  • 5 ml vanilla geursel
  • 375 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 12.5 ml kaneel
  • knippie sout
  • 500 ml grof gerasperde wortels
  • 1 groterige fyngedrukte ryp piesang
  • Versiersel:
  • 100 g sagte bak margarien
  • 5 ml vanilla geursel
  • 500 g versiersuiker
  • klein houertjie volroom ongegeurde jogurt

Voorverhit oond tot 180ºC.
Klits suiker, olie, eiers en geursel saam tot goed gemeng. (Nie nodig om te klits totdat suiker opgelos is nie, want die suiker wat smelt terwyl dit bak sorg daarvoor dat die koek klam is. (Ek klits dit vir tussen 5 en 10 minute)
Meng droë bestanddele saam en vou in by eiermengsel. Voeg wortels en piesang by en meng goed.
Skep in twee gesmeerde 18 cm koekpanne en bak ongeveer 40 minute tot net gaar.
Laat vir sowat 10 minute afkoel in die panne. Verwyder en laat verder koud word op afkoelrakkie.

Versiersel:
Maak margarien sag in mikrogolfoond (net sag, maar moenie laat smelt nie).
Klits margarien, geursel en versiersuiker saam.
Voeg nou klein bietjies van die jogurt op ‘n slag by (sowat ‘n eetlepel per keer).
Meng goed na elke byvoeging om te verseker dat jy nie te veel byvoeg en jou versiersel in ‘n pappery opeindig nie. Sodra dit die verlangde dikte is, klits nog vir so 5 minute totdat dit lekker romerig is.
Versier die koue koeklae daarmee soos verkies.

Resep aangepas deur en foto’s: Elaine Steyn

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5