KLAM SJOKOLADE PANKOEK
- Meng of sif die droë bestanddele saam:
- 3 koppies koekmeel
- 4 teelepels bakpoeier
- 2 koppies suiker
- 1 teelepel koeksoda
- 80 ml kakao
- knippie sout
- Meng die nat bestanddele saam:
- 2 koppies kookwater
- 1 koppie olie
- 10 ml vanilla geursel
- 50 ml asyn
Voeg nat bestanddele by droë bestanddele. Meng goed.
Skep in ‘n gesmeerde of gespuite oondpan of groot pan.
Bak vir 20 minute by 180 °C.
- Stroop:
- 1 koppie kookwater
- 1 koppie suiker
- 5 ml vanilla geursel
Los suiker op in water en vanieljegeursel. Druk gaatjies in koek sodra dit uit oond kom en skep die warm stroop oor.
Laat heelwat afkoel in die pan.
- Versiersel:
- 1 koppie suiker
- 50 ml koekmeel
- 375 ml water
- 50 ml botter
- 50 ml kakao
Verhit bogenoemde bestanddele saam tot dit ‘n dik sous vorm. Skep oor die koek en smeer gelyk.
Geniet.
Resep en foto: Annie van Wyk














Absoluut heerlik!
Geen eiers nie. Is dit reg?
Hallo, ja dit is heeltemal reg, geniet die resep.
Hoeveel stukkies koek kry jy min of meer uit die resep?
Magda dit hang af hoe groot jy jou blokke sny, enigeiets tussen 20 tot 25 is veilig.
Kan mens die stroop uitlaat en net die sjokolade versiersel oorsit?
Hallo Janie, ek sou dit nie aanbeveel nie, dit is wat die koek lekker klam maak. Ek dink jy gaan met ‘n baie droë koek opeindig, dis juis hoekom dit ‘n klam koek genoem word. As jy eerder ‘n ander baie lekker resep wil probeer, kan ek die een aanbeveel, bak hom ook in a pan, hy hoef nie in lae te wees nie, en jy kan enige versiersel oorsit.
https://yourrecipeblog.com/recipes/sjokolade-kookwater-olie-pankoek-met-botter-en-suurroom-versiersel/
https://yourrecipeblog.com/recipes/floraine-se-sjokolade-pankoek/