Your Recipe Blog

FLORAINE SE SJOKOLADE PANKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minute

FLORAINE SE SJOKOLADE PANKOEK

  • 6 eiers, geskei
  • 1 koppie bruismeel
  • 1 koppie suiker
  • 10 ml bakpoeier
  • 125 g regte botter, gesmelt
  • 10 ml vanilla
  • 45 ml kakao bygesit

Skei eiers, gooi ½ koppie suiker by wit en ½ koppie suiker by geel.
Klits wit van eiers baie goed, (amper tot styf) en klits dan geel en botter baie goed.
Sit die twee mengsels bymekaar.
Meng kakao en koekmeel en voeg meelmengsel bietjies gewys by die eiermengsel.
Voeg vanilla by, meng goed.
Skep in groot vierkantinge koekpan wat gespuit is, indien verkies, of in twee koek panne.
Bak in oond by 180 ºC vir 30 min of tot toetspen skoon uitkom.

  • Versiersel:
  • 1 blik gekookte kondensmelk
  • 30 ml kakao poeier
  • 1 flake fyngemaak

Meng gekookte kondensmelk met kakao poeier en  fyn Flake en versier wanneer koek heeltamal koud is.

Nota:
Die geheim van hierdie koek is dat dit baie baie goed geklits moet word, klits die eierwitte baie goed styf.

Resep en foto: Floraine Wasserman Venter

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page