Your Recipe Blog

KLAM SJOKOLADE KOEK OF POEDING

KLAM SJOKOLADE KOEK OF POEDING

Die kan as poeding of koek bedien word.

  • 250 ml koekmeel
  • 250 ml suiker
  • 2 ml sout
  • 10 ml bakpoeier
  • 80 ml kakao
  • 125 ml kookolie
  • 125 ml kookwater
  • 4 eiers, geskei
  • SOUS:
  • 1 blikkie Ideal Melk
  • 125 ml suiker
  • 2 heelneut sjokolades, gesmelt met
  • 40 ml melk

Verhit die oond tot 180°C en bespuit ‘n koekpan (vir koek) of glasbak (vir poeding) met kleefwerende kossproei. As dit ‘n koek is, lê die koekpan uit met 2 of 3 lae, bakpapier.
Sif die koekmeelblom, suiker, sout en bakpoeier saam.
Meng die kakao, kookolie, kookwater en die eiergele saam.
Voeg die eier mengsel by die droë bestanddele. Meng goed deur.
Klits die eierwitte styf en vou by die mengsel in.
Bak vir 40 – 45 minute lank of tot toetspen skoon uitkom.
Maak intussen die sous en giet bo-oor die koek of poeding sodra dit uit die oond uitkom.
Laat heeltemal afkoel. Keer koek versigtig uit.
Versier met gesmelte sjokolade.

Resep en foto:  Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page