Your Recipe Blog

KITSPOEDING LAGIE TERT

KITSPOEDING LAGIE TERT

  • 2 pakkies Tennisbeskuitjies
  • 2 pakkies kitspoeding, enige geur, ek het aarbei gevat
  • 1 botteltjie Orley Whip
  • 2 koppies melk
  • Bo Laag:
  • Vir bo-op het ek twee “red velvet” sjokolades gebruik, gesmelt saam met ‘n bietjie botter en melk om net smeerbaar te maak

Klits Orley Whip styf.  Meng melk en kitspoeding. Vou kitspoeding by Orley Whip.
Pak ‘n laag koekies onder in die tertbak, voeg helfte van mengsel bo op die koekies.
Pak weer ‘n laag koekies en voeg res van mengsel oor die tweede laag koekies.
Sit laaste laag koekies op, smeer versigtig die sjokolade mengsel oor en sit in die yskas tot gestol.

Nota:
Gebruik enige kitspoeding en enige sjokolade of versiersel vir bo-op, na jou smaak.

Resep : Letitia Steenberg
Foto : Cecilia De Beer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page