Your Recipe Blog

KITS VLASKYWE

KITS VLASKYWE

  • 1 rol skilferkorsdeeg
  • Genoeg lekker dik vla gemaak van:
  • 50 ml vlapoeier
  • 50 ml suiker
  • 400 ml melk
  • 5 ml vanilla geursel
  • versiersuiker vir bo-op
Voorverhit die oond tot 200 ºC.
Sorg dat die skilferkorsdeeg lekker koud is, sny dit in blokkies ongeveer 5 x 5 cm.
Pak op ‘n gespuite bakplaat. As die deeg nie lekker koud is nie, plaas ‘n rukkie in die yskas sommer op die bakplaat. Sit in die oond vir ongeveer 20 min tot lekker pof en bruin.
Haal uit en laat heeltemal afkoel.
Maak lekker dik vla deur die vla bestanddele buiten die vanilla, goed te meng en in die mikrogolf te kook tot dit lekker dik is, roer gereeld, haal uit en sit die vanilla by, meng en laat heeltemal afkoel.
Wanneer alles koud is, sny/breek die deeg blokkies mooi middeldeur, vul met genoeg vla.
Meng bietjie versiersuiker met paar druppels water, drup bo-oor en sprinkel versiersuiker bo-oor.

Bedien dadelik en geniet.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page