KITS ROSYNTJIEBROOD
- 500 g bruismeel
- 250 ml suiker
- 1 eier, geklits
- 125 ml water
- 250 ml melk
- 250 ml rosyntjies
- 5 ml sout
Plaas al die bestanddele in ‘n mengbak. Meng tot ‘n beslag.
Skep in voorbereide broodpannetjie.
Bak by 180ºC vir ± 60 min. Toets na 45 min.
‘n Bietjie eier kan 15 min voor die einde van die baktyd oor gesmeer word, vir ‘n mooi goudkleur.
Nota:
Ek het resep dubbel aangemaak en 3 koppies koekmengsel deurgeroer.
Baie lekker broodjie 😍
Resep en foto: Mariette Heydenrych-Kotze