Your Recipe Blog

KITS MIELIEBROODJIE

KITS MIELIEBROODJIE

  • 1 pak bruismeel (500 g)
  • 5 ml sout (1 teelepel)
  • 1 blik geroomde suikermielies (410 g)
  • 2 eiers
  • 60 ml melk (¼ koppie)
  • 25 ml kookolie (2 eetlepels)

Stel oond op 190°C.
Smeer ‘n kleinerige broodpannetjie.
Sif bruismeel en sout saam.
Voeg die suikermielies by.
Klits eiers, melk en kookolie saam en voeg dit by die beslag.
Sny mielies en vloeistof met ‘n mes in tot goed gemeng.
Skep deeg in gesmeerde klein broodpannetjie, maak bo-op gelyk en bak sowat 45 min of tot deurgebak.

Nota:
Gesny en met botter gesmeer is die broodjie baie lekker saam met braaivleis
Bak jou broodjies in klein blombakkies, gee dan vir elke gas sy/haar eie broodjie.
Pas baktyd aan tot net gaar, sal hol klink wanneer jy op die broodjie klop, of toets met ‘n toetspen vir deur gegaar.

Resep en foto: Marlene Mouton Carstens

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page