“KIDDO’S MASTERFLANS” RANDKOEK
Graag deel ek my flan resep met julle. My vriende noem dit graag “Kiddo’s Masterflans”
Vandag het ek ‘n “lemon curd flan” en ‘n “caramel and cream flan” met ‘n sjokolade vulsel gemaak.
- Beslag vir 2 randkoeke:
- 1 ½ koppie koekmeel
- knippie sout
- 3 teelepels bakpoeier
- 3 groot eiers
- 1 koppie suiker
- 2 eetlepels margarien (ek gebruik Stork bake)
- ¾ koppie volroom melk
- 5 ml vanilla geursel
- Vulsel:
- 250 ml vars room, styf geklop
- 2 eetlepels Caramel Treat
- ½ blikkie kondensmelk
- ¼ koppie suurlemoensap (60 ml)
- Flake sjokolade (ek rasper sommer ‘n kwart slab heelneut sjokolade)
Beslag:
Smeer twee randkoek panne goed met margarien en bespuit met spray and cook. Stel oond op 180 ºC vir bak.
Meng suiker en eiers baie goed met elektriese menger tot romerig. Voeg vanilla geursel by.
Sif droë bestanddele in eiermengsel, roer of meng met lepel liggies deur tot geen meel sigbaar is nie. Moenie klits nie.
In aparte houer kook margarien en melk saam vir 2 minute in mikrogolf.
Voeg versigtig by meelmengsel en roer liggies deur, moenie beslag te veel hanteer nie.
Gebruik elektriese menger om net VINNIG beslag goed te meng.
Deel die beslag onmiddelik tussen die twee panne.
Nota
Ek gebruik sommer “quiche” panne, kon nie flan panne kry nie, verkies eintlik die “quiche” panne.
Plaas beslag in voorverhitte oond en bak vir net 20 min. (stel liefs jou alarm)
Sodra gaar, keer versigtig uit op afkoelrak en laat heeltemal afkoel.
Vulsel vir die karamel en room randkoek:
Smeer die afgekoelde randkoek binne in met karamel.
Skep helfte van die styfgeklopte room bo-op die karamel (slegs in holte)
Krummel Flake of sjokolade van u keuse bo-op room. (peppermint crisp is ook heerlik.)
Nota::
As verkies kan u skywe piesang bo-op karamel plaas, dan room en sjokolade.
Vulsel vir die lemoensmeer randkoek:
Meng suurlemoensap en kondensmelk versigtig deur, nie klits nie, meng met ‘n lepel.
Wanneer goed gemeng, voeg dit by ander helfte van styf geklopte room en “rol” goed deur.
Skep die mengsel in die holte van die tweede randkoek.
Gebruik ‘n mes se punt om punte te vorm.
Geniet.
Resep en foto: Kitty Potgieter