KETO GRONDBOONTJIEBOTTERKOEKIES
- 1 koppie grondboontjiebotter
- 80 – 125 ml versoeter (allulose, monkfruit, xylitol of erythritol, na smaak)
- 1 eier
- 1 teelepel vanilla geursel
- Opsioneel: 12 halwe grondboontjies om bo-op te sit as versiering
Meng al die bestanddele goed saam. Vorm 12 balletjies en druk elkeen versigtig plat met ‘n vurk op ‘n bakplaat, uitgevoer met bakpapier.
Sit ‘n halwe grondboontjie op elke koekie, en bak by 160°C vir 10-15 minute tot goudbruin.
Laat afkoel in die pan en haal versigtig uit.
Bêre in ‘n lugdigte houer.
Nota:
Die koekies is sag, nie bros nie.