KERSIE EN BESSIE MIEULLE FEULLES (MILL FOI)
- 1 rol goeie kwaliteit skilferkorsdeeg, ontdooi
- 2 koppies klaargemaakte wit sjokolade mousse
- 2 koppies klaargemaakte donker sjokolade mousse
- ½ koppie granadillasmeer “curd”
- ¼ koppie ganache, wit of bruin afgekoel en dik
- vars vrugte van jou keuse, netjies gesny
- versiersuiker
Sny die skilferdeeg lengtegewys in 2 ewe groot velle. Sny die kante mooi netjies dat hulle presies ewe groot is.
Bak op gesmeerde bakplaat by 200°C vir 10 min, verlaag die hitte na 180°C en bak ‘n verdere 15 tot 20 min tot goudbruin, gaar en deurgebak.
Koel af op ‘n draadrak.
Sny elke dop middeldeur om 2 lae te vorm. Skep die 2 kleure mousse langs mekaar in ‘n spuitsak met ‘n ster nozzle sodat jy “2-tone” mousse het waarmee jy gaan spuit.
Sit ‘n onderkant van een deeg “dop” op ‘n opdienbord en spuit die mousse so 1 tot 1½ cm dik op die kors.
Spuit “blertsies” Granadilla Curd hier en daar. Sit vrugte so “scattered” op.
Sit die ander dop se onderkant op en herhaal die hele proses.
Sit een bokant op en spuit die ganache in ‘n patroon bo op. Versier met vrugte en sif versiersuiker oor. Laat staan so 2 ure by kamertemperatuur voor bediening.
Resep en foto: Frikkie Jones