Your Recipe Blog

KERSIE DADELPOEDING

Recipe by
Cook: 70 – 80 minute | Servings: 10

KERSIE DADELPOEDING

  • Beslag:
  • 10 ml koeksoda
  • 500 ml dadels, fyn gekap
  • 500 ml kookwater
  • 500 ml botter
  • 500 ml suiker
  • 2 ekstragroot eiers, geklits
  • 750 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 125 ml glanskersies, in kwarte gesny
  • 10 ml brandewyn
  • 3 ml rumgeursel
  • Sous:
  • 250 ml sagte bruinsuiker
  • 250 ml room
  • 100 ml botter
  • 100 ml brandewyn

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ‘n baie groot oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Strooi die koeksoda oor die dadels. Giet die kookwater oor en meng, sit eenkant. Verroom die botter en suiker saam tot romerig. Klits die eiers by. Meng die dadelmengsel by die bottermengsel in.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam in ‘n mengbak. Voeg die meelmensel by die botter-dadelmensel. Meng die mengsel goed.
Voeg die kersies, brandewyn en rumgeursel by en meng. Skep die mengsel  in die voorbereide bak.
Bak die beslag vir ongeveer 70 – 80 minute lank of tot ‘n toetspen skoon uit die middel van die poeding kom.
Verhit al die bestanddele vir die sous saam in ‘n kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag hitte en laat 15 minute lank stadig prut. Druk gaatjies met ‘n toetspen oral oor die poeding sodra dit uit die oond kom. Giet van die warm sous oor die poeding sodat dit kan intrek. Bedien die poeding saam met roomys of vla.

Resep en fotos: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page