Your Recipe Blog

KERSFEES FEESTELIKE GEVULDE PERSKES

KERSFEES FEESTELIKE GEVULDE PERSKES

Bykos by hoofmaal saam met vleis.

  • 2 groot blikke halwe perskes (2 blikke maak so ± 12 gevulde perskes)
  • 1 houer gladde roomkaas
  • ½ koppie suiker
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • 1 pak fyn sprinkel grondboontjies, of gekapte Hazelneute
  • 1 of 2 houertjie kersies fyn gesny, rooi/ groen
  • 1 pakkie dadels, fyn opgesny (doop mes gereeld in kookwater)

Meng in ‘n mengbak met ‘n klitser, die roomkaas en suiker.
Voeg die vanilla geursel by. Roer die dadels en neute deur die roomkaasmengsel met die hand en dan die kersies.
Vul met ‘n lepel die holtes van die perskes tot hoog vol, pak styf langs mekaar op ‘n mooi bord.
Bedek met kleef plastiek en plaas in yskas.
Die kan al so 3 dae voor die tyd gemaak word en so in yskas gehou word.
Bedien as bykos saam met hoofmaal, dis heerlik saam met enige vleis soort.

Resep en foto: Yvonne Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page