KERRIEWORTEL BOTTERHOENDER MET SOETWORTEL BLATJANG
- 3 hoenderborsies
- 5 wortels
- 2 groot uie
- 2 aartappels
- Pegro sous
- Jimmysous
- Safari speserye
- sout
- olyf olie
Smeer die hoenderborsies met die 2 verskillende souse.
Strooi die speserye en sout oor.
Rook die hoender vir ‘n uur.
Haal die hoender uit en laat afkoel.
Maak die hoender fyn en hou eenkant.
Sny die wortels, aartappels en uie in helftes.
Sny die uie weer half deur en sny die wortels in repies.
Braai in bietjie olyf olie in ‘n swaarboom pot.
Skep uit en hou eenkant.
- Speserye vir kerrie:
- 1 knoffel huisie
- 1 eetlepel borrie
- ½ teelepel komyn
- 3 kaneelstokkies
- 1 teelepel botterhoender masala
- ¼ teelepel neutmuskaat
- ½ teelepel peregrine
- 6 kerrieblare
- 3 teelepels botterhoender kerrie
- 1 eetlepel knoffel rissiesous (uit druk bottle)
- 1 teelepel sout
- 3 eetlepels bruin suiker
Braai die speserye alles saam in bietjie olyfolie en ‘n eetlepel botter.
- Wortel basis vir sous:
- 5 wortels
- 3 koppies witwyn
- 3 koppies water
- 4 eetlepels botter
Kook die wortels net op in ‘n bietjie soutwater.
Braai dan vir so 3 minute.
Haal af en maak baie fyn.
Skep nou die fyngemaakte wortels, wyn en water saam met die uie en wortel repies terug in die pot.
Kook vir 3 minute.
Voeg nou die hoender en aartappels (wat kleiner gesny is) by.
Voeg die kerriemengsel by en laat baie stadig kook vir ½ tot ¾ uur.
Verwyder kerrieblare en kaneelstokkies en laat staan vir so 10 minute.
- Soet wortelblatjang:
- 5 wortels, in klein blokkies gesny
- 4 klein blokkies klapper dadels, opgesny
- 1 klein ui, opgesny
- 1 eetlepel sesamesaad
- ¼ koppie asyn
- 3 eetlepes suiker
- botter vir braai
- knippie sout
- ¼ teelepel mosterdpoeier
- ¼ teelepel fyn songedroogde tamaties
Braai uie en sesamesaad saam tot bruin.
Voeg die mosterdpoeier, tamaties, sout, wortels, asyn en suiker by.
Kook oor lae hitte tot die wortels sag is, maar nog ferm is.
Indien dit verder moet kook, voeg klein bietjie water op ‘n keer by.
Kook tot dit soos blatjang lyk.
Dien nou die hoender op rys op en skep van die blatjang bo-oor.
Geniet.
Resep en fotos: Marian van Deventer