KERRIEVIS OM TE BOTTEL
As ek en my man koud kry, soek ons kerrie kos. Dan steek ons die kaggel in die kombuis aan en dan bly ek heeldag in my kombuis wat so lekker warm is. So het ek vandag kerrievis gemaak. Dit in bottels gestoor.
- 1.8 kg vis (barracuda) in stukke gesny
- 50 ml kerriepoeier
- 20 ml borrie
- 3 teelepels sout
- 1 liter bruinasyn
- 150 ml witsuiker
- 150 ml water
- 6 lourieblare
- 5 uie in ringe gesny
Meng alles saam behalwe vis en uie.
Sit mengsel in ‘n pot en gooi uie by.
Kook tot uie redelik sag is. Ek het dit vir 20 min gekook.
Sit vis by bogenoemde mengsel en meng versigtig deur.
Kook vir nog 20 min of tot vis gaar is.
Bottel warm in gesterilliseerde bottels en proppe, met alles warm. Maak seker die bottels is vol tot heel bo.
Vis moet toe weess onder die sous.
Seël dadelik.
Resep en foto: Flipkotie Olivier
Elize de Kock
As die vis en kerrie kokend warm in gesteriliseerde nuwe consol flesse geseel is kan dit vir baie lank en ek praat tot ‘n jaar lank in jou spens gehou word. Verlang ek nou terug na die dae wat my ma dit so gedoen het.