KERRIEVIS EN GROENTE TERTJIES
(Vinnig en baie lekker)
12 Muffin pan
- Meng tot ‘n slap deeg:
- 125 ml melk
- 125 ml kookolie
- 1 groot eier
- 250 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 1 ml sout
- Vulsel:
- 1 blikkie kerrievis, fyngemaak
- 2 koppies gemengde gaar groente
Skep deeg in muffin pan en skep kerrie vis en groente bo-op.
Bak vir 15 min by 200°C.
Ek het paprika oor gestrooi, kan kaas ook oor rasper.
Resep en foto: Heidi Rowe
Category: