Your Recipe Blog

KERRIEMAALVLEIS VIR KERRIE EN RYS

KERRIEMAALVLEIS VIR KERRIE EN RYS

Vanaand se ete…

  • 2 kg maalvleis
  • 2 groot aartappels, in blokkies gesny en tot amper sag gekook
  • 2 gekapte uie
  • 2 blikke gemengde groente of 500 gram gemengde gevriesde groente
  • 1 blokkie beesstert ekstrak, aangemaak met 1 koppie gekookte water
  • 1 eetlepel sout
  • 2 eetlepels blatjang
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt
  • 2 eetlepels kerriepoeier
  • 1 eetlepel borrie
  • 1 blik tamatie en uie smoor
  • 1 pakkie beesstert soppoeier

Braai uie, kerrie en borrie in bietjie olie tot sag.
Voeg appelkooskonfyt, blatjang en maalvleis by en braai tot vleis krummelrig en amper gaar is.
Voeg sout, beesstert ekstrak, beesstertsop, tamatiesmoor, aartappels en groente by. Laat prut tot alles sag, gaar en die mengsel dik is.

Sit voor met rys, blatjang en skywe piesang.

Resep en foto:  Drienie Hattingh

One Review

  1. Koos van der Merwe

    Awesome

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5