Your Recipe Blog

KERRIEHOENDERPASTEI MET GROENTE

Recipe by
Cook: 20 - 25 minute

KERRIEHOENDERPASTEI MET GROENTE

  • Vulsel:
  • 1 heel hoender, opgekook en gevlok
  • 2 medium uie, gekap
  • 4 aartappels, in blokkies gesny
  • 3 wortels, in blokkies gesny
  • 250 ml van die hoenderaftreksel waarin die hoender gekook het
  • 30 ml matige kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 20 ml asyn
  • 15 ml appelkooskonfyt
  • sout en peper na smaak
  • 15 ml Maizena, opsioneel
  • Kors:
  • ¾ koppie melk
  • ¾ koppie olie
  • 2 eiers
  • 1 koppie koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • ¼ teelepel sout
  • 5 ml geelsout (Aromat)

Plaas die hoenderaftreksel in ‘n groot genoeg kastrol, voeg die uie en aartappels by en kook totdat die aartappels sag is.
Voeg die fyn hoender en res van die bestanddele vir die vulsel by die gaar aartappel- en uiemengsel en prut vir 20 minute oor lae hitte.
Indien die sous te dun is, verdik die mengsel met 15 ml maizina wat in bietjie water aangemaak is en by die vulsel gevoeg is.
Kook die vulsel vir ‘n verdere 5 minute, terwyl dit deurentyd geroer word.
Plaas die vulsel in ‘n gesmeerde oondpan en plaas eenkant.
Voorverhit intussen die oond tot 180ºC.
Plaas die bestanddele vir die kors in ‘n mengbak en meng dit goed deur, totdat ‘n slap deeg vorm.
Skep die deeg oor die hoendervulsel in die oondpan en maak die deeg gelyk oor die vulsel.
Plaas die pastei in die voorverhitte oond en bak vir 20 tot 25 minute of totdat die kors goudbruin bo-op is.
Bedien die pastei saam met geelrys en groenslaai.

Resep en foto: Martie Labuschagne
2de foto:  Hester Engelbrecht
Terugvoer oor die pastei in die mikrogolfoond. Soos Rina Kleinhans gesê het, het die paprika kleur aan die kors gegee, en met die verkorte baktyd (7 min) was die kors perfek gaar. Die vulsel was heerlik en ek sal beslis die pastei weer maak. Baie dankie vir die raad.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page