KERRIEAARTAPPELS
Resep en foto: Zonia Visser
Die kerrieaartappel resep wat ek altyd gebruik, dit is heerlik as ‘n bykos.
- 6 – 8 aartappel, geskil in blokkies gesny en gaar gekook
- Sous – Braai die volgende saam:
- 1 gesnipperde ui
- 2 eetlepels kerriepoeier
- 1 eetlepel asyn
- 1 eetlepel suiker
- Voeg by:
- 1 koppie blatjang
- 1 koppie water
- 1 eetlepel Maizena gemeng in water
- Kook die sous tot lekker verdik
- Giet die sous oor die gaar aartappelblokkies, meng liggies deur dat die blokkies nie breek nie.
- Bedien soos verkies.
- Nota: Kan ook rosyne of gesnipperde olywe bysit.












