Your Recipe Blog

KERRIE NOEDELSLAAI MET PYNAPPEL EN GERASPERDE WORTEL

KERRIE NOEDELSLAAI MET PYNAPPEL EN GERASPERDE WORTEL

  • 500 g klein skulpie noedels
  • 1 elk groen, rooi en geel soetrissie, gekap
  • 1 ui, gekap
  • 1 wortel, grof gerasper
  • 1 koppie tamatiesous
  • ½ koppie asyn
  • 1 blik pynappel in stukkies gesny
  • ½ koppie olie
  • 200 ml suiker
  • 25 ml kerriepoeier
  • sout en gemaalde swart peper na smaak
  • Opsioneel:
  • 1 eetlepel sweet chilli sous
  • ½ teelepel rissie vlokkies

Kook die noedels gaar maar nie pap nie.  Water af en laat afkoel, meng die soetrissies, wortel en uie deur die noedels.
Meng die res van die bestanddele saam en roer deur die pastamengsel.
Plaas in opdien bak en bere in die yskas tot die slaai bedien word.

Foto:  Gideon Louw
Vroulief het die resep gebruik en ons malligheid na sweet chilli het gemaak dat sy een eetlepel sweet chilli sous bygesit het, asook ‘n halwe teelepel rissie vlokkies.
En was heeerlik saam met ons gebraaide rolrib oppie kole.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page