Your Recipe Blog

KERRIE MAALVLEIS-PASTA

KERRIE MAALVLEIS-PASTA

  • 500 g maalvleis
  • 250 g pasta van jou keuse
  • 1 blikkie lensies, gedreineer of dieselfde hoeveelheid sag gekookte droë lensies
  • 1 blikkie gekapte tamaties
  • 3 medium grootte gerasperde wortels
  • 1 gekapte ui
  • 4 eiers
  • ½ koppie melk
  • 2 eetlepels koekmeel
  • 2 eetlepels medium sterkte kerrie (of na smaak)
  • 1 teelepel komynpoeier
  • 1 teelepel borrie
  • sout na smaak
  • blatjang

Kook die pasta gaar volgens die pakkie se instruksies, dreineer en hou eenkant.   Braai die uie in ‘n bietjie olie tot dit begin sag word.   Voeg die gerasperde wortels by en braai saam met die uie tot dit begin sag word.  Voeg die maalvleis by en roerbraai tot die vleis verkleur het.  Voeg die tamaties asook ‘n halwe blikkie water, saam met die kerrie, komyn, borrie en sout by die vleismengsel en laat prut vir ongeveer 20 minute tot die meeste vloeistof afgekook is.
Haal die vleismengsel van die hitte af en voeg die lensies en die pasta daarby.
Roer deeglik deurmekaar.
Roer die 2 eetlepels koekmeel deur die mengsel, asook 1 geklitste eier.
Skep die mengsel oor in ‘n groot oondbak en smeer ‘n laag blatjang oor die oppervlakte.
Klits die oorblywende 3 eiers in die melk en giet oor die blatjang.
Bak by 180ºC vir ongeveer 30 minute of tot die eier laag gestol het en mooi bruin verkleur het.

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto:  Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page