Your Recipe Blog

KERRIE MAALVLEIS MET KLUITJIES

KERRIE MAALVLEIS MET KLUITJIES

  • Vir die kerrie:
  • 1 kg maalvleis
  • uie, fyn gekap
  • gemengde groente na smaak
  • aartappels
  • 1 teelepel “mother in law” kerrie
  • 1 teeleel “eleven in one spice”
  • 1 teelepel jeera en dhania
  • 1 teelepel rissiepoeier
  • 2 teelepels skaap en hoender masala
  • 5 teelepels suiker
  • sout en peper na smaak
  • ½ pakkie tamatiepasta
  • Deeg vir die kluitjies:
  • 2 koppies koekmeel
  • ½ pakkie kitsgis
  • knippie sout
  • 1 teelepel suiker
  • lou warm water
  • 2 eetlepels olie

Kluitjies:
Meng die koekmeel, gis, sout en suiker saam. Voeg die lou water bietjie vir bietjie by (ek knie slap). Voeg die olie by, knie deur en laat die deeg rys vir ± 1 uur.  Maak solank die kerrie dat dit reg is wanneer die kluitjies moet op kom.

Kerrie
Braai die uie in bietjie olie. Voeg  speserye by sowel as tamatiepasta met suiker en meng goed deur.
Voeg die maalvleis by. Waneer die mengsel half gaar is voeg die gemende groente en aartappels by en laat net deur kook.
Maak balle met die deeg en sit dit bo op die bredie in die pot.
Laat dit op lae hitte kook vir ongeveer 30 minute.
Moet nie die deksel voor die 30 minute afhaal nie anders gaan die kluitjies plat val.

Resep en foto: Beau-Milan Jonas

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page