KERRIE LAMSNEK
- 1 eetlepel kerrie
- 1 teelepel borrie
- 2 gekapte uie
- 2 teelepels gekapte vars gemmer
- 2 eetlepels bruinsuiker
- 2 eetlepels bruinasyn
- ½ koppie Mrs Balls blatjang
- Ekstra:
- skaapnek vleis, of enige snit van jou keuse – hoender werk ook goed
- aartappels, gesny in wiggies – hoeveelheid na smaak
- uieringe, indien verkies
- sout en swartpeper na smaak
Meng die bestanddele saam vir die sous. Kook die sous tot gaar ± 20 minute. Sit bietjie water by indien die sous te dik raak.
Laat koel sous af en pak dan gesnyde lamsnek in die sous en marineer vir 12 ure.
Wanneer gereed om gaar te maak, pak die lamsnek stukke wat lekker gesout en met swartpeper gesprinkel is, in ‘n oondpan, saam met aartappels soos verkies en pak die uieringe bo-op.
Rek die sous met water en giet oor die vleis en aartappels.
Bedek met foelie en bak in die oond teen 180°C vir 75 tot 90 minute.
Resep en foto: Michael Coetzee