KERRIE KORING PERSKESLAAI
- 250 ml (1 koppie) koring
- sout
- 1 klein, rooi soetrissie, ontpit en in klein blokkies gesny
- 1 medium ui, gekap
- 1 blik (410 g) perskeskywe, gedreineer… hou die sap, in blokkies gesny
- ½ koppie rosyne of sultanas
- Sous:
- 50 ml olyfolie
- 3 ml (ruim ½ teelepel) borrie
- 7 ml (1 ½ teelepel) matige kerrie
- 30 ml blatjang
- 25 ml suiker (vervang hierdie soms met sap van die perskes… hang af hoe klam jy jou slaai wil hê)
- 25 ml druiwe-asyn
- 5 ml sojasous of Worcestersous
Kook die koring saam met die sout in water tot gaar volgens die pakkie se aanwysings. (Ek werk gewoonlik op twee en ‘n halwe koppie water op ‘n koppie koring). Spoel die koring af en skep in ‘n slaaibak. Meng die res van die slaai bestanddele met die koring.
Meng al die bestanddele vir die slaaisous saam.
Giet dit oor die koringmengsel en roer goed deur.
Verkoel die slaai tot etenstyd.
Die slaai nog lekkerder die volgende dag.
Resep en foto: Yvonne Jones