Your Recipe Blog

KERRIE HOENDERMAGIES

Recipe by
Cook: ongeveer 2 ure

KERRIE HOENDERMAGIES

  • 1 kg hoendermagies skoongemaak
  • sout en gemaalde swartpeper
  • olyfolie
  • 6 wonderpeper korrels
  • 3 naeltjies
  • 2 lourierblare
  • 200 ml rooiwyn
  • 30 ml uievlokkies
  • 2 cm gemmer vinger, fyn opgesny
  • 2 geparsde knoffelhuisies
  • 240 ml groente aftreksel
  • 20 ml kerrie en garam masala gemeng
  • 10 ml borrie
  • 5 ml paprika
  • 30 ml blatjang
  • 30 ml soet rissiesous
  • 20 ml bruinsuiker
  • 6 medium dun wortels, opgesny
  • 1 borrie patat, in blokkies opgesny
  • 10 ml suurlemoensap
  • handvol dhania blare, fyn opgesny ( hou ‘n paar vir afronding )

Verhit die olie in ‘n pot. Geur die hoendermagies met sout en peper en braai vir ‘n paar minute tot hulle begin verkleur. Voeg die wonderpeper, naeltjies en lourierblare by en roerbraai nog ‘n paar minute. Voeg die rooi wyn by en braai deur tot die alkohol verdamp het. Roer die uievlokkies, gemmer en knoffel by.
Maak 1 houertjie Ina Paarman groente aftreksel (28 g) aan met warm water. Voeg die kerrie, borrie, paprika, blatjang en rissiesous by, meng goed en voeg die mengsel by die magies.
Strooi die suiker oor en laat prut vir 30 minute.
Voeg die opgesnyde worteltjies by saam met die opgekerfde dhania met ekstra sout en peper en roer deur. Bedek en plaas in ‘n voorverhitte oond teen 160°C vir 1 uur.
Voeg daarna die patatblokkies by en plaas terug vir nog 30 minute. Toets of die magies al deursag gekook is en plaas terug indien nodig.
Voeg die suurlemoensap by, roer deur en hou warm tot opdiening op rys of pasta.

Resep en foto: Johan Rossouw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5