Your Recipe Blog

KERRIE HOENDER EN RYS

KERRIE HOENDER EN RYS

Hier reën dit lekker en dit is lekker koel, hoender kerrie en rys vir middagete saam ‘n piesang vir slaai.

  • 18 stukke hoender
  • koekmeel
  • 2 uie, gekap
  • 4 groot aartappels, geskil en sny in kwarte of kleiner
  • Meng die volgende saam:
  • ½ koppie appelkoos konfyt
  • 2 teelepels suiker
  • ½ koppie asyn
  • 1 hoogvol eetlepel kerrie poeier (myne redelik spicy, Lallas spice van PE)
  • 2 teelepels aromat
  • ½ teelepel swart peper
  • 1 eetlepel borrie

Maak hoender goed skoon en was af.
Sprinkel met suurlemoensap en vryf bbq en hoender speserye in die hoender in.
Rol hoender in meel en braai in vlak olie tot bruin skep uit en hou eenkant.
Braai die gekerfte ui in dieselfde kastrol.
Voeg bietjie water by en sit hoender terug in kastrol, draai gas op laag.
Kook die aartappels sag in die mikrogolf.
Voeg aartappels by hoender en kook tot hoender amper gaar is.
Voeg  die konfytmengsel by die hoender.
Voeg nog smaak middels by indien verkies.
Kook goed deur en bedien op rys.

Resep en foto: Alta Gunter van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page