KERRIE EIERS
Resep en foto: Una Barrett
Het die resep by my oorlede moeder gekry. Maak dit al jare en is altyd ‘n wenner.
- 1 ui, opgesny
- 2 koppies melk
- 2 koppies water
- ½ teelepel matige kerrie
- 1 teelepel borrie
- sout na smaak
- 5 teelepels suiker
- ongeveer 9 teelepels koekmeel om te verdik, gemeng met bietjie water
- 1 teelepel asyn
- 8 gekookte eiers (2 eiers per persoon)
- Braai die ui in diep pan en voeg die melk en water by.
- Laat amper kook anders gaan dit oorkook.
- Voeg by sout, kerrie en borrie gemeng met bietjie water en suiker by die melkmengsel.
- Meng die meel in bietjie water dat dit net net vloeibaar is en gooi bietjie vir bietjie by die melk mengsel totdat dit verdik.
- Kan nog meel aanmaak indien nog te loperig en byvoeg.
- Voeg asyn by, roer slegs deur en moenie weer roer nie.
- Haal van plaat af anders gaan dit vasbrand. Intussen het jy eiers gekook en gehalveer.
- Plaas die ge-halveerde eiers met eiergeel na onder bo-op die kerrie mengsel. Skep van die sous bo-oor die eiers.
- Bedien met kapokaartappels.
- Nota: Resep kan vermeerder of verminder afhangende van hoeveel mense wat bedien moet word.
Category:

