KERRIE EIERS EN RYS
- 10 – 12 eiers, gekook
- 4 uie
- olie vir braai
- 1 koppie rys (Basmati)
- 3 koppies water vir die rys
- 3 teelepels kerriepoeier
- 1 teelepel sout
- ½ koppie asyn
- 1 koppie suiker
- 4 teelepels Maizena, gemeng met ½ koppie water
Braai 4 uie gesny in olie.
Voeg water by die uie, soveel om die uie te bedek en die uie sag te maak en genoeg dat daar ‘n sousie oorbly, so 750 ml skat ek.
Kook die rys met die 3 koppies water. Ek het basmati rys gebruik.
In ‘n houer meng die kerriepoeier, sout, asyn en suiker en hou eenkant.
Meng die Maizina en water. Sit eenkant.
Dop die eiers af en sny in helftes. Pak in ‘n opdienskottel.
Voeg die kerriemengsel by die uie en kook deur. Voeg die Maizenamengsel by en kook tot ‘n dik sous vorm, giet die sous oor die halwe eiers en bedien op rys. 🤗
Resep en foto: Anri Douglas