Your Recipe Blog

KERRIE AARTAPPEL EIERS

KERRIE AARTAPPEL EIERS

Ekt vir vanaand die kerrie aartappel eiers gedoen en was baaaaie lekker.
Ekt dit sommer in my rooi pannetjie oppie kole gedoen.
Jy kan dit oppie stoof ook doen

  • 6 medium groot eiers, gekook na jou smaak en afgekoel
  • 500 g gekookte aartappels, fyngedruk en sout na smaak
  • 15 ml botter en ook olie
  • 2 tot 3 knoffelhuisies, gekap
  • 3 ml mosterdsaadjies
  • 3 ml borrie
  • 5 ml kerriepoeier
  • 3 sprietuie, net die witdele gekap
  • 2 droë brandrissies, fyngekap
  • 125 ml meel, om in te rol
  • 2 eiers, geklits om in te rol
  • 200 ml broodkrummels, om in te rol
  • olie, vir diepbraai

Smelt die botter en olie saam in ‘n pan en braai die knoffel en mostertsaad tot geurig. Voeg die rissie en sprietuie, kerrie en borrie by en soteer effe. Voeg dan die aartappels by en meng goed.
Verwyder van hitte en skep uit in n bord en druk plat en sit in yskas om af te koel.
Verdeel dan die mengsel in ses ewe groot dele.
Druk een deel in die palm van jou hand plat en plaas ‘n eier in die middel.
Druk die vulsel versigtig gondom die eier sodat dit heeltemal toe is en sonder gaatjies in die wand.
Doen so met al ses eiers.
Doop nou die eiers eers in meel dan in geklitste eier en dan in die krummels.
Verhit die olie en braai die eiers mooi stadig tot goudbruin en deurwarm.
Sit ‘n suurlemoen skyfie se sap op en geniet.

Ons het dit saam met gebraaide hoenderdye en boudjies geniet.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page