“KASSLER” TJOPS IN PYNAPPELSTROOP MET BOTTERSKORSIE “MASH”
- 2 x 120 g Kassler-tjops
- 30 ml pynappelstroop (blik)
- gemaalde swartpeper
- 1 swart somertruffel (kalahari truffel)
- 250 g tuinertjies
- 1 botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
- 15 ml botter
- knippie neutmuskaat
- sout en gemaalde peper
- pietersielie, opgekap
Plaas die botterskorsie blokkies in ‘n medium pot met bietjie water en kook tot sag.
Plaas die gaar botterskorsie in ‘n bak, voeg die botter, sout, peper en neutmuskaat by en druk dit fyn met ‘n vurk.
Roer die fyn botterskorsie met speserye goed deur en hou warm tot opdiening.
Spuit ‘n braaipan met nie-kleefwerende sproei, voeg die pynappelstroop in die pan en verhit die pynappelstroop.
Geur die kassler tjops met gemaalde swartpeper en plaas dit in die braaipan met die pynppelstroop en braai die tjops tot goudbruin vir ongeveer 3 – 4 minute per kant.
Rasper die swart somertruffel oor die gaar tjops, sprinkel die gekapte pietersielie oor en sit die tjops voor met fyngedrukte botterskorsie, tuinertjies en bros uieringe.
Resep en foto: Johan Rossouw












