KARRINGMELKPOEDING
- 250 ml bruismeel
- knippie sout
- 15 ml botter of margarien
- 250 ml suiker
- 4 ekstragroot eiers, geklits
- 1 liter karringmelk of 500 ml melk en 500 ml karringmelk
- 8 groenvye in stroop, gehalveer, opsioneel
Voorverhit die oond tot 180ºC. Smeer ‘n diep, oondvaste skottel van 21 x 30 cm liggies met botter of margarien of spuit met kleefwerende kossproei.
Sif die bruismeel en sout. Klits die botter of magarien en suiker saam en voeg die eiers by.
Klits goed en klits die karringmelk by. Voeg by die bruismeelmengsel en klits tot glad.
Giet in die voorbereide bakskottel en bak 50 – 60 minute lank in die voorverhitte oond of tot gestol en goudbruin bo-op.
Sit louwarm voor met vye en stroop, karamelsous of suurlemoensous.
Foto en resep deur: Joanita Rothman