KARIN SE ANYSBESKUIT
Opgedra aan my dogter. Maak drie klein panne beskuit.
- Deeg:
- 1 sakkie pers kitsgis
- 2 eetlepels anys
- 1 blikkie kondensmelk
- ½ koppie kookolie
- 1 teelepel sout
- 500 ml lou warm water
- 8 koppies koekmeel
- Opsioneel: vir soeter beskuit kan jy ½ koppie suiker by die louwater voeg
Sif meel en sout saam, hou eenkant.
- Gismengsels:
- Meng saam in ‘n 1 liter beker:
- 1 pakkie kits gis
- 3 eetlepels suiker
- 3 eetlepels koekmeel
- 100 ml van die louwater
- Suikermengsel:
- 1 eetlepel suiker
- ¼ koppie melk
Roer goed en laat rus vir 5 of meer min totdat mengsel skuim as jy dit roer.
Voeg res van louwater, kookolie en kondensmelk asook die anys by gismengsel. Laat rus weer 5 min.
Voeg die gismengsel by die meelmengsel. Werk deur met ‘n slaplem mes – knie daarna goed.
Nota:
Voeg meel of bietjie water by as deeg te nat of te droog is – knie todat bak en hande skoon is, geen deeg wat aan bak of hande vasit is ‘n teken dat jou knie genoeg was en deeg lekker elasties is
Smeer deegbol bietjie olie en bedek met plastiek tot dit verdubbel het – knie deeg af, maak bolle en pak in gesmeerde panne, verf met melk en suikermengsel en laat weer rys tot verdubbel.
Bak 1 uur lank in oond van 140 ºC.
Nota:
As jy met kneukel op beskuit brode klop moet dit hol klink (ek verf my beskuit / brood na 45 min weer met melk mengsel om mooi blink bruin kleur te kry.
Laat afkoel in panne, keer uit, laat afkoel, sny of breek beskuite, droog oornag in oond op laagste hitte stelling.
Heerlik – die reuk van vars gebakte anys is die huis vol (10 jaar oue anys)
Resep en foto: Tessie Pretorius
Heerlike beskuit! Dankie vir die resep