KARAMEL MALVALEKKERS
Resep kom van my Matriek huishoudkunde klas (1996).
- 22 g gelatien, gespons in 60 g water
- 200 g water
- 400 g suiker
- 2 eierwitte
- 5 ml vanilla geursel
- 5 ml rooswater, karamel of geur soos verkies (Wees versigtig vir te veel geursel)
- paar druppels koekkleursel
- versiersuiker
Smeer ‘n 20 x 20 cm pan goed en sif goed met versiersuiker.
Verhit water en suiker tot sagte bal stadium SONDER OM TE ROER.
Verwyder van hitte en klits geweekte gelatien by suikerstroop tot skuimerig.
Klits eierwitte styf intussen.
Terwyl klitser aan is meng die suiker-gelatien mengsel stadig by die geklitste eierwitte.
Klits tot mengsel drade trek (dit vat ‘n rukkie).
Voeg die geursel en kleursel by (ek het karamel en ivory goud kleursel gebruik).
Skep in voorbereide pan en verkoel. Sif versiersuiker bo-oor.
Sny in blokkies en rol in versiersuiker.
Bêre in lugdigte houer op ‘n koel plek.
Resep en fotos: Suenell Liebenberg