KAPOKAARTAPPELS EN WORSGEREG
Nuwe manier van mash en wors.
- gaar kapokaartappels
- gaar wors
- gebraaide uie na smaak
- blatjang na smaak
- 1 blikkie tamatie en uie smoor
- 1 pakkie wituie soppoeier aangemaak met 1 koppie melk
- gerasperde kaas na smaak
Sit onder in ‘n oondbak kapokaartappels, dan ‘n laag gaar wors, uie, en blatjang, blik tamatie en uie smoor.
Skep die uiesopmengsel bo-oor.
Volg met kaas.
Bak by 180 ºC in oond tot gestol.
Heerlik!!
Resep geplaas deur San-Mare Joubert Fourie
Foto: Adam Cloete